Namibiese ambassadeur spreek Europese parlement toe oor bewaringsjag

Die Namibiese ambassadeur in België, Nederland, Luxemburg en die Europese Unie, dr. Mekondjo Kaapanda-Girnus, het deelgeneem aan samesprekings oor die positiewe rol van jagters in die Europese parlement. Sy het vir konsultasies gevra voordat Europese lande ‘n verbod plaas op die invoer van jagtrofeë. Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, meen sy het in haar goed gestruktureerde, omvattende toespraak die doeltreffendheid van trofeejag in Namibiese bewaringsgebiede en die belangrikheid van bewaringsjag, ingesluit. Sy sê jagters en vissermanne speel ‘n belangrike rol in die bewaring van biodiversiteit.