Rugby: Weghol-sege vir Stormers oor Haaie

Rugby: Die Stormers het ses drieë ingeryg met hulle weghol-oorwinning van 46-19 teen die Haaie in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Durban. Die Kaapstadse span se eerste drie is in die derde minuut aangeteken toe Herschel Jantjies oorgeduik het.  Manie Libbok, wat 14 punte met sy skopskoen bygedra het, is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Stormers het met dié bonuspunt-oorwinning hulle posisie in die tweede plek op die punteleer versterk en is nou sewe punte voor Ulster. Die Haaie  is reeds in die top-agt.