Volksmoord: Duitsland moet ophou wegskram

Afstammelinge van die Nama-Ovaherero-volksmoord in Namibië sê Duitsland moet ophou wegskram en reparasies direk met hulle bespreek. Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiers-vereniging sleep die Namibiese regering hoërhof toe omdat dit versuim het om die beginsels van die 2006-parlementêre besluit oor die volksmoord te respekteer. ‘n Aansoek is in die hoërhof gebring om die omstrede gesamentlike verklaring oor die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland nietig te verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die stafhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, Itamunua Meroro, gepraat.