Egiptenaar en drie Aussies vas oor reuse-kontantbedrag in hul besit

Drie Australiërs en een Egiptiese burger verskyn môre in die Ondangwa-landdroshof nadat hulle nie kon verklaar waarom hulle kontant van 70 000 Amerikaanse dollar in hul besit het nie. Dit volg nadat die Namibiese polisie hulle by Omuthiya in die Oshikoto-streek in hegtenis geneem het. Tydens ‘n soektog is die kontant ter waarde van sowat […]

Read More

Brave Warriors-afrigter betreur vervalle stadions

Die afrigter van die Namibiese sokkerspan, die Brave Warriors, Collin Benjamin, sê dit is ‘n groot skande vir ‘n land soos Namibië om tuiswedstryde in die buurland Suid-Afrika te speel weens die vervalle sportstadions in die land. Die Brave Warriors sal op 27 Maart weer in aksie wees wanneer hulle die sterk span van Kameroen […]

Read More

Nóg ‘n sesjarige Amerikaanse seun vat wapen skool toe

Die ma van ‘n sesjarige seuntjie van die Amerikaanse deelstaat Virginië, is in hegtenis geneem nadat hy met ‘n handwapen by die skool betrap is. Niemand is beseer nie, maar daar is gerugte dat hy gedreig het om ‘n meisie in sy klas te skiet. Die wapen is aan die polisie oorhandig. Die seun het […]

Read More

Drikus en Melissa kampioene van Tour de Windhoek

Namibiese fietsryers Drikus Coetzee en Melissa Hinz het vandag die 2023 Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek gewen ná die laaste skof op die Von Bachdam-pad by Okahandja. Hulle is albei deel van Span Simonis Storm powered by Hollard. Veteraan-fietsryer Mannie Heymans het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Hoop vir werkloses op Walvisbaai

Werkloosheid vier hoogty op Walvisbaai, veral ná die inkrimping van die vissery-sektor en die nagevolge van die Covid-pandemie toe die Erongo-streek ingeperk is. Daar is egter nou hoop vir werkloses op die hawedorp met die opening van die Men on the Side of the Road-projek se kantoor. Die kantoor is amptelik geopen deur die minister […]

Read More

Stad Kaapstad reik beloning ná moord op vrou

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die bouperseel waar ‘n luggehalte-beampte van die stad doodgeskiet is, is gesluit. Die vrou is ‘n paar keer binne haar motor by die Symphony Way-behuisingsprojek in Delft geskiet. Hill-Lewis doen ‘n beroep vir ‘n vinnige afhandeling van die moord-ondersoek. Die stad bied ‘n beloning van 100 000 Suid-Afrikaanse […]

Read More

Kanada las soektog af ná voorwerp afgeskiet is

Die Kanadese berede polisie het sy soektog beëindig na ‘n ongeïdentifseerde voorwerp wat oor die sentrale gebied van Yukon afgeskiet is. Hulle het die gebied met die hoogste waarskynlikheid deursoek, maar kon die voorwerp nie vind nie. Die polisie sê die sneeuval maak dit ook toenemend onwaarskynlik dat die voorwerp gevind sal word nie. Hulle […]

Read More

Clausthaler Finkenstein Trail Run weer op 11 Maart

Die Clausthaler Finkenstein Trail Run oos van Windhoek sal op 11 Maart begin. Deelnemers se registrasiefooi beloop 100 Namibiese dollar vir volwassenes en 50 dollar vir kinders. Deelnemers sal beloon word met ‘n medalje by die wenstreep. Daar is baie pryse te wen van verskillende maatskappye en handelsmerke. Die organiseerder Francois Steynberg gesels met Kosmos […]

Read More

Saara sê in Duitsland geld vir wapens moet eerder vir ontwikkeling gaan

Die eerste minister van Namibië dr. Saara Kuugongelwa- Amadhila het by die Münchense Sekuriteitskonferensie in Duitsland haar sterk uitgespreek oor die Russiese-Oekraïnse oorlog. Sy het gesê die geld wat op wapens bestee word in die oorlog waar Russe en Oekraïne mekaar doodmaak, kan eerder vir ontwikkeling aangewend word, veral in ag genome die wêreldwye ekonomiese […]

Read More

ANC sê Stad Johannesburg is bankrot

Die voorsitter van die ANC in Johannesburg, en burgemeesterskomiteelid vir finansies, Dada Morero, sê die Stad Johannesburg se geld is besig om op te raak. Die voormalige burgmeester beskuldig die DA-geleide veelparty-regering dat hy die stad in duie laat stort, en voer aan die metro is byna bankrot. Morero sê hoewel inwoners bekommerd moet wees, […]

Read More