AfriForum eis duidelikheid oor sokkerklub-sage

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor SA Toerisme se planne om Tottenham Hotspur-sokkerklub oor 36 maande vir sowat een miljard Suid-Afrikaanse rand te borg. Die burgerregte-organisasie het ‘n prokureursbrief aan die organisasie gestuur waarin hy duidelikheid eis oor die bron van die geld en of die sosio-ekonomiese uitdagings van burgers oorweeg is. Die sport- en jeugbestuurder van AfriForum, Ronald Peters, sê geen fondse moet toegewys word tot ‘n geldige verduideliking gegee is nie. Intussen het SA Toerisme vandag bevestig drie van sy raadslede het bedank.