Woede ontvlam voor Nigeriese verkiesing

Daar is slegs drie weke oor voor Nigerië se presidensiële verkiesing en groot kontant- en brandstof-tekorte veroorsaak openbare woede en spanning tydens veldtogte. Daar sal op stemdag op 25 Februarie besluit word wie President Muhammadu Buhari se opvolger gaan wees. Die voormalige weermag-bevelvoerder tree na twee ampstermyne uit. Die hoof-kandidate is Bola Tinubu van die regerende party, die All Progressives Congress; Atiku Abubakar van die belangrikste opposisieparty, die Peoples Democratic Party, en Peter Obi van die land se Arbeidsparty.