Betogings in Wes- en Oos-Kaap teen olie-ontginning

Die Green Connection gaan vandag in Kaapstad en Nelson Mandelabaai teen Total Energies betoog. Total Energies het verlede jaar aansoek gedoen vir ‘n produksie-lisensie om twee groot brandstofvelde aan Suid-Afrika se suidkus, met ‘n opbrengs gelykstaande aan ‘n miljard vate olie, te ontgin. ‘n Lid van Green Connection, Neville van Rooy, sê hierdie is nog […]

Read More

Biden lewer weer pleidooi vir verbod op wapens

Amerika se president, Joe Biden, het in sy tweede staatsrede gesê Amerikaners het ‘n behoefte aan eenheid. Hy het ‘n beroep gedoen op Republikeine om hom te help om die werk te voltooi om die ekonomie te herbou en geloof in Amerika se demokrasie te herstel. Dié toespraak word beskou as ‘n bloudruk vir sy […]

Read More

Assad gooi blykbaar bomme in Sirië, na aardbewing

Die Siriese regering het na bewering ‘n gebied van die land wat deur die opposisie gehou word, gebombardeer in die onmiddellike nasleep van die kragtige aardbewing Maandag. So beweer die Britse regering. Hulle beskryf dit as ʼn gevoellose en gruwelike aanval. Dit was op die dorp Marea in die noordweste van Sirië wat deur die […]

Read More

Okahandja word net vuiler, tender kom nie uit die blokke nie

Die tender vir opruimingswerk op Okahandja is reeds drie keer gekanselleer te midde van toenemende uitdagings met beide huishoudelike- en tuinvullis wat rondom die dorp gestrooi word. Die verwydering van huishoudelike vullis staar ook erge uitdagings in die gesig met vragmotors wat herhaaldelik breek en dan word ‘n enkele bakkie gebruik. Huishoudelik vullis word ook […]

Read More

Dit gaan effe beter met SA-huishoudings

Die jongste verslag toon ‘n effense verbetering in die finansiële welstand van Suid-Afrikaanse huishoudings. Dit dui op ‘n herstel ná die probleme wat ondervind is tydens die Covid-19-pandemie. Die verslag, deur Momentum, kyk na 2021 en 2022. ‘n Ekonoom van Unisa, Jacolize Meiring, sê die verbetering is indrukwekkend gegewe dat verbruikers tans worstel met hoër […]

Read More

Geweld in Somaliland moet onmeddellik staak

Die Verenigde Nasies se hulpsending in Somalië doen ‘n beroep dat geweld onmiddellik afgeskaal en die land se burgers beskerm word. Dit volg nadat minstens 24 mense dood is in hewige gevegte in die Somaliese stad Las Anod. Die gevegte het uitgebreek nadat ‘n plaaslike stam se oudstes hulle planne uitgespreek het om bande met […]

Read More

Namibiese rolbal neem aan 3 internasionale byeenkomste deel

Die Namibiese Rolbal-vereniging sê die land sal aan drie internasionale byeenkomste vanjaar deelneem. Spanne vir die Afrika-toernooi in Junie en die wêreldbeker in Augustus in Australië is reeds bekend gemaak. Die vereniging se sekretaris Derek Brune het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.

Read More

Staatsrede: Cyril moet beloftes nakom

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê President Cyril Ramaphosa gaan môre ‘n nasie toespreek wat ontmoedig is deur beurtkrag en bang is oor werkloosheidsvlakke, armoede en misdaad. Die president lewer môreaand sy staatsrede in die Parlement. Outa se woordvoerder, Rachel Fischer, sê noudat Ramaphosa sy rol as ANC-president vir nog vyf jaar verseker het, is dit […]

Read More

Vraag na water, ook stedelik, sal toeneem

Namibië se mees kritieke beperkings op waterbronne is die hoë reënvalveranderlikheid en die gepaardgaande bedreiging van droogte. Die land sal ‘n watervraag van tussen 583,4 miljoen en 771,7 miljoen kubieke meter per jaar vir 2025 tot 2030 hê. Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie  Ndiyakupi Nghituwamata, sê namate watervraag toeneem, het waterskaarste ‘n probleem geword vir alle gebiede wat geografies ver van die meerjarige waterbronne geplaas is. Dit het ‘n wesenlike impak op ekonomiese, omgewings- […]

Read More

Masels plaaslik onder beheer

Die Namibiese gesondheidsministerie sê masels is onder beheer in die land. In Suid-Afrika mobiliseer die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en Noord-Kaap om kinders in te ent. Verskeie roetine inentings het onder Covid gely. Die ministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe sê na verlede jaar se uitdagings is daar nie noemenswaardige gevalle nie maar die situasie word gemonitor.  

Read More