Okahandja word net vuiler, tender kom nie uit die blokke nie

Die tender vir opruimingswerk op Okahandja is reeds drie keer gekanselleer te midde van toenemende uitdagings met beide huishoudelike- en tuinvullis wat rondom die dorp gestrooi word. Die verwydering van huishoudelike vullis staar ook erge uitdagings in die gesig met vragmotors wat herhaaldelik breek en dan word ‘n enkele bakkie gebruik. Huishoudelik vullis word ook deesdae op Sondae verwyder maar, daar is ook geen kennisgewing oor wanneer dit sal gebeur nie. ‘n Onlangse dringende vergadering het ook geen oplossing na vore gebring nie en op die oomblik maak inwoners waar en wanneer hulle kan, skoon. Die dorpsraad sukkel en daar is geen enigheid nie met herhaalde aantygings van korrupsie terwyl dienslewering daaronder ly.