Assad gooi blykbaar bomme in Sirië, na aardbewing

Die Siriese regering het na bewering ‘n gebied van die land wat deur die opposisie gehou word, gebombardeer in die onmiddellike nasleep van die kragtige aardbewing Maandag. So beweer die Britse regering. Hulle beskryf dit as ʼn gevoellose en gruwelike aanval. Dit was op die dorp Marea in die noordweste van Sirië wat deur die aardbewing geraak is. Sirië is geteister deur jare van burgeroorlog en betwiste beheer van gebiede naby die grens met Turkye.