Masels plaaslik onder beheer

Die Namibiese gesondheidsministerie sê masels is onder beheer in die land. In Suid-Afrika mobiliseer die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en Noord-Kaap om kinders in te ent. Verskeie roetine inentings het onder Covid gely. Die ministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe sê na verlede jaar se uitdagings is daar nie noemenswaardige gevalle nie maar die situasie word gemonitor.