Geweld in Somaliland moet onmeddellik staak

Die Verenigde Nasies se hulpsending in Somalië doen ‘n beroep dat geweld onmiddellik afgeskaal en die land se burgers beskerm word. Dit volg nadat minstens 24 mense dood is in hewige gevegte in die Somaliese stad Las Anod. Die gevegte het uitgebreek nadat ‘n plaaslike stam se oudstes hulle planne uitgespreek het om bande met die wegbreek-republiek van Somaliland te verbreek en weer by Somalië aan te sluit. Die sending sê die gevegte belemmer toegang tot humanitêre hulp.