Dit gaan effe beter met SA-huishoudings

Die jongste verslag toon ‘n effense verbetering in die finansiële welstand van Suid-Afrikaanse huishoudings. Dit dui op ‘n herstel ná die probleme wat ondervind is tydens die Covid-19-pandemie. Die verslag, deur Momentum, kyk na 2021 en 2022. ‘n Ekonoom van Unisa, Jacolize Meiring, sê die verbetering is indrukwekkend gegewe dat verbruikers tans worstel met hoër inflasie en rentekoerse: