Regbank het tekort aan bronne, dienslewering is belemmer

Die 2023 regsjaar is amptelik vandag geopen deur President Hage Geingob en die hoofregter, Peter Shivute. Volgens Shivute bly finansiële uitdagings ‘n probleem en belemmer die regbank om sy pligte voldoende uit te voer. Maar, hy voeg by dat die personeel regstaan om die publiek by te staan. President Hage Geingob het melding gemaak van […]

Read More

Sunak bevestig bystand vir Turkye, Sirië

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het bevestig ‘n vliegtuig met 77 soek-en-reddingspesialiste, ‘n mediese noodspan, toerusting en vier snuffelhonde, het in Turkye aangekom ná Maandag se verwoestende aardbewings. Die dodetal in die land en die naburige Sirië staan tans op byna ses-duisend. Sunak sê die span sal ‘n volledige beoordeling van die situasie doen. […]

Read More

Gedenkteken by Ladysmith Black Mambazo-graf

Die KwaZulu-Natalse Amafa- en Navorsingsinstituut het hul voorneme aangekondig om die stigter van Ladysmith Black Mambazo, Joseph Shabalala, se graf in ‘n gedenkteken te omskep. Volgens die beroemde musiekgroep se bestuurder, Xolani Majozi, sal die gedenkteken in Ladysmith mense toelaat om die groep se geskiedenis te leer en te dokumenteer. Hy sê lede van die […]

Read More

Landbou-kenner ondersteun GMO-saad vir akkerbou

Die kwessie van geneties-aangepaste saad is terug in die nuus met die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria wat betoë aanhoor oor of Suid-Afrikaanse boere geneties-aangepaste mielies kommersieel kan verbou. Die Afrika-sentrum vir Bioverskeidenheid het in 2017 regstappe ingedien om die goedkeuring van Monsanto/Bayer se droogte-bestande geneties-aangepaste mielies vir kommersiële verbouing in Suid-Afrika te stuit. In Namibië […]

Read More

Geingob se boomskool-aanmerkings is skandelik, hy’t in 2014 gesê dit waai

President Hage Geingob is al weer in die spervuur. Hy het by die amptelike opening van sy kabinet gesê hy het nog nooit gesien dat kinders in Namibië onder bome skoolgaan nie… Maar in Oktober 2014 toe hy nog presidensiële kandidaat was, het hy op Walvisbaai beloof om meer skole te bou en om boomskole […]

Read More

Kunene-gemeenskappe soek meer vergoeding, meer jagkwotas

Gemeenskappe in die Kunene-streek vra dat die vergoedingskema vir mens-dier-konflik hersien word. Hulle meen die betaling is nie voldoende vir die skade wat hulle ly nie. Dit is volgens die parlementêre sub-komitee wat ‘n oorsigbesoek aan die streek voltooi. Nog ‘n kwessie wat tydens die besoek uitgelig is, was renoster- en olifantstropery wat die vermoë […]

Read More

Onbekende wurm teister Omusati-boere

Boere in die Omusati-streek kla oor die voorkoms van ‘n klein wurm wat op landerye verskyn. Die oomblik wat reën ontvang word, raak die wurm weg. Die streek se goewerneur Erginus Endjala sê die wurm is nog nie geïdentifiseer nie maar amptenare van die landbouministerie het reeds die gebied besoek. Hy het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Hokkie: Albei verloor maar mansspan het nog ‘n kans

Die Namibiese mansspan het sy hokkiewedstryd 4-1 teen België verloor en so ook die vrouespan vanoggend, ook teen België met ‘n finale telling van 2-1. Die spanne is in Pretoria by die Internasionale Hokkiefederasie se Binnenshuise Wêreldbeker. Die mans speel weer môreaand teen Nieu-Seeland met die vrouespan wat more namiddag teen die Tsjeggiese Republiek uitdraf […]

Read More

Erongo-polisie hou klopjagte by skole, goewerneur het kommer

Die Erongo-goewerneur het sy kommer Neville Andre, het sy kommer uitgespreek oor die gebrek aan dissipline onder sommige leerders by die skool en by die huis as gevolg van die gebruik van dwelms. Die dwelms wat meestal in skole voorkom, sluit Mandrax, dagga en kokaïen in. Hy het by ‘n spesiale operasie wat verskeie skole […]

Read More

Brakwater-weegbrug gesluit weens kragonderbreking

Die Paaie-owerheid het te kenne gegee dat die Brakwater-weegbrug tydelik gesluit is weens ‘n kragonderbreking. Die weegbrug se kragtoevoer is op 6 Februarie deur weerlig getref wat ‘n algehele kragonderbreking veroorsaak. Gevolglik is die weegbrug tans gesluit vir alle dienste, tot verdere kennisgewing. Intussen word kliënte wat weegbrugsertifikate soek, aangeraai om die Aris te besoek. […]

Read More