Biden lewer weer pleidooi vir verbod op wapens

Amerika se president, Joe Biden, het in sy tweede staatsrede gesê Amerikaners het ‘n behoefte aan eenheid. Hy het ‘n beroep gedoen op Republikeine om hom te help om die werk te voltooi om die ekonomie te herbou en geloof in Amerika se demokrasie te herstel. Dié toespraak word beskou as ‘n bloudruk vir sy verwagte poging om in 2024 weer as president verkies word. Biden het onder andere ook verwys na die ekonomie, werkloosheid en Covid-19. Hy het ‘n passievolle pleidooi gelewer om die verbod op aanvalswapens te hernu: