Implementering van staatskapingskommissie-aanbevelings vorder goed – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Teenkorrupsie-adviesraad doen waardevolle werk om die instelling van die staatskapingskommissie se aanbevelings te ondersteun. Die president het die raad in Augustus verlede jaar aangestel as multisektor-vennootskap vir aanbevelings en optrede teen bedrog en korrupsie. Ramaphosa sê dit is noodsaaklik dat korrupsie in al sy vorms beëindig word:

Read More

Marén agter tralies, jaar na uitleweringversoek gedoen is

Die voortvlugtige prokureur Marén de Klerk wat verbind word met die Fishrot-skandaal, is volgens Mail and Guardian Donderdag deur die Valke en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. De Klerk het in 2020 na Suid-Afrika gevlug nadat hy as die sogenaamde betaalmeester geïmpliseer is in die Fishrot-skandaal. De Klerk […]

Read More

Omstrede optog teen gay-huwelike vind vanoggend plaas

Die Koalisie van Kerke en Organisasies hou vandag hul optog landwyd teen die hooggeregshof-uitspraak oor gay-huwelike. Lede is op die hul WhatsApp-groep opdrag gegee om ‘n swart of wit T-hemp met blou of swart jeans aan te trek. Intussen het die Namibiese Metodiste Kerk sy lede gevra om hulle te weerhou van die optog. Die […]

Read More

Senaat keur Amerikaanse skuldperk-ooreenkoms goed

Die Amerikaanse Senaat het pas die nuwe ooreenkoms in verband met die land se skuldperk, wat tot 2025 geldig is, goedgekeur met 63 teen 36. Die Huis het reeds Donderdag die ooreenkoms, wat deur die Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy en President Joe Biden beklink is, goedgekeur. Die Senaat was die laaste stap in die proses. Die […]

Read More

White sê Sbu moet self besluit oor sy toekoms

Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, sê Sbu Nkosi se toekoms by die unie is sy eie keuse. Daar is gissings dat die Springbok-agterspeler Pretoria gaan verlaat nadat hy gesukkel het om aan te pas ná hy verlede jaar vanaf die Haaie verhuis het. White was nie beïndruk met Nkosi se boodskap op […]

Read More

Reuse verliese vir Trustco

In sy tussentydse resultate vir Februarie 2023 het die Trustco-groep ‘n reuse-verlies in sy algehele beleggingsportefeulje van 250 miljoen Namibiese dollar gerapporteer vergeleke met ‘n toename in die algehele beleggingsportefeulje van 1,360 miljard dollar in die vorige ooreenstemmende tydperk. Die tussentydse resultate oor die afgelope ses maande wat op 28 Februarie geëindig het, het ook ‘n […]

Read More

Ace het sewe dae om skorsing te keer

Die voormalige sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het sewe dae om redes te gee waarom hy nie uit die regerende party geskors moet word nie. Die party se Nasionale Dissiplinêre Komitee het hom skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag. Dit volg nadat hy na bewering geweier het om die nasionale uitvoerende komitee, die nasionale werkkomitee […]

Read More

Zim stem op 23 Augustus

Zimbabwe sal sy presidensiële en parlementêre verkiesings op 23 Augustus hou. President Emmerson Mnangagwa het uiteindelik die langverwagte aankondiging gemaak. Die land se amptelike opposisie, die Citizens Coalition for Change se leier, die 45-jarige Nelson Chamisa sal die 80-jarige Mnangagwa uitdaag vir sy pos. Die verkiesingsproklamasie kom te midde van parlementêre debatte oor verkiesingshervormings. Chamisa se party eis toegang tot ‘n oudit van die kieserslys, asook openbare mediatoegang wat volgens hom sal help om […]

Read More

Lewenskostes: Britte kry uiters swaar

Huishoudings oral sukkel met toenemende lewenskostes en stygende rentekoers maar in die Verenigde Koninkryk blyk die uitdagings om veel erger te wees. ‘n Britse versorger Ahmet Ahmet sê aan Sky News hy moes sy werksure verdubbel tot meer as 80 ure weekliks om sy verband wat verdubbel het van 790 pond tot 1 450 pond maandeliks, te betaal. 

Read More

Shikongo se toestemming vir anti-gay optog lok kritiek uit

Die toestemming wat deur die polisiehoof luitenant generaal Joseph Shikongo aan die Koalisie van Kerke en Organisasies gegun is om môre hul optog teen die beslissing van die hooggeregshof oor gay-huwelike te hou, het wyd reaksie uitgelok. Shikongo het toestemming aan Michael Amushelelo om ‘n optog teen jeugwerkloosheid op 21 Maart te hou, geweier. Die […]

Read More