Senaat keur Amerikaanse skuldperk-ooreenkoms goed

Die Amerikaanse Senaat het pas die nuwe ooreenkoms in verband met die land se skuldperk, wat tot 2025 geldig is, goedgekeur met 63 teen 36. Die Huis het reeds Donderdag die ooreenkoms, wat deur die Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy en President Joe Biden beklink is, goedgekeur. Die Senaat was die laaste stap in die proses. Die Senaat-leier Chuck Schumer sê dit is goeie nuus vir elke Amerikaanse huishouding.