Ace het sewe dae om skorsing te keer

Die voormalige sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het sewe dae om redes te gee waarom hy nie uit die regerende party geskors moet word nie. Die party se Nasionale Dissiplinêre Komitee het hom skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag. Dit volg nadat hy na bewering geweier het om die nasionale uitvoerende komitee, die nasionale werkkomitee en die party se lede om verskoning te vra, omdat hy die ANC-president Cyril Ramaphosa in 2021 geskors het. Sy opvolger, Fikile Mbalula, sê Magashule het die party ondermyn: