White sê Sbu moet self besluit oor sy toekoms

Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, sê Sbu Nkosi se toekoms by die unie is sy eie keuse. Daar is gissings dat die Springbok-agterspeler Pretoria gaan verlaat nadat hy gesukkel het om aan te pas ná hy verlede jaar vanaf die Haaie verhuis het. White was nie beïndruk met Nkosi se boodskap op sosiale media nadat hy verlede naweek op Twickenham vir ‘n Wêreld-vyftiental teen die Barbarians gespeel het nie. Hy het die wedstryd beskryf as ‘n blaaskans van die oordeel van mans wat hulle verbeel hulle is groter as wat hulle in werklikheid is.