Marén agter tralies, jaar na uitleweringversoek gedoen is

Die voortvlugtige prokureur Marén de Klerk wat verbind word met die Fishrot-skandaal, is volgens Mail and Guardian Donderdag deur die Valke en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. De Klerk het in 2020 na Suid-Afrika gevlug nadat hy as die sogenaamde betaalmeester geïmpliseer is in die Fishrot-skandaal. De Klerk word deur die Namibiese regering gesoek vir korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. Daar word beweer dat 17 miljoen Namibiese dollar van die fondse deur sy regsfirma gebruik is vir betalings aan Swapo-lede tydens die 2017 kongres. Die minister van justisie Yvonne Dausab het reeds in Mei verlede jaar ‘n uitleweringsversoek aan Suid-Afrikaanse owerhede gestuur.