Zim stem op 23 Augustus

Zimbabwe sal sy presidensiële en parlementêre verkiesings op 23 Augustus hou. President Emmerson Mnangagwa het uiteindelik die langverwagte aankondiging gemaak. Die land se amptelike opposisie, die Citizens Coalition for Change se leier, die 45-jarige Nelson Chamisa sal die 80-jarige Mnangagwa uitdaag vir sy pos. Die verkiesingsproklamasie kom te midde van parlementêre debatte oor verkiesingshervormings. Chamisa se party eis toegang tot ‘n oudit van die kieserslys, asook openbare mediatoegang wat volgens hom sal help om die speelveld gelyk te maak voor stemdag.