Reuse verliese vir Trustco

In sy tussentydse resultate vir Februarie 2023 het die Trustco-groep ‘n reuse-verlies in sy algehele beleggingsportefeulje van 250 miljoen Namibiese dollar gerapporteer vergeleke met ‘n toename in die algehele beleggingsportefeulje van 1,360 miljard dollar in die vorige ooreenstemmende tydperk. Die tussentydse resultate oor die afgelope ses maande wat op 28 Februarie geëindig het, het ook ‘n afname van 13,6 persent in netto bate-waarde per aandeel aangedui. Trustco se deurlopende belegging in strategiese groeigebiede sal na verwagting verbeterde beleggingsprestasie in die toekoms aandryf, volgens die uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen.