Omstrede optog teen gay-huwelike vind vanoggend plaas

Die Koalisie van Kerke en Organisasies hou vandag hul optog landwyd teen die hooggeregshof-uitspraak oor gay-huwelike. Lede is op die hul WhatsApp-groep opdrag gegee om ‘n swart of wit T-hemp met blou of swart jeans aan te trek. Intussen het die Namibiese Metodiste Kerk sy lede gevra om hulle te weerhou van die optog. Die toestemming wat deur die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo aan die koalisie vir die optog gegee het, het wyd reaksie uitgelok, maar gaan tog voort. Die voorsitter van die koalisie, dr. Shirley Magazi sê die optog sal om tien-uur in die hoofstad begin waartydens ‘n petisie oorhandig sal word…