Vergadering oor mens-dier-konflik stel hoë teiken

Die drie-dag lange konferensie oor mens-dier-konflik het Vrydag in die hoofstad afgesluit. Die konflik word as uiters belangrik geag omdat dit die regering se bewarings-inisiatiewe ondermyn. Dit is ook uiters duur met die regering wat jaarliks 285 miljoen Namibiese dollar daarvoor begroot. Nie-regeringsorganisasies bestee op hul beurt miljoene om veldwagters aan te stel, vroeë waarskuwingstelsels op […]

Read More

Grootfontein se NaTIS-kantoor bied beperkte dienste die week

Die NaTIS-kantoor op Grootfontein herinner inwoners dat sy toetsdienste vir leerderslisensies en rybewyse, sowel as padwaardigheidstoetse die week opgeskort is. Kliënte wat dringend dienste nodig het word aangeraai om NaTIS op Tsumeb te besoek. Die diens sê verder dat oor-die-toonbank dienste, algemene navrae en transaksies aan die publiek gelewer sal word, vanaf ‘n gebou langs die Grootfontein NaTIS-sentrum. Alle bedrywighede sal Maandag 22 Mei hervat. 

Read More

ANC stoomroller gesondheidsversekering – DA

Die DA veroordeel, wat hy noem, die ANC se stoomroller-proses om die Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp by die portefeuljekomitee oor gesondheid deur te jaag, sonder wysigings van opposisiepartye. Hy sê dit het gebeur in weerwil van oorweldigende regsmenings en teen argumente. Die DA benadruk die wetsontwerp sal Suid-Afrika bankrot maak en nié die mediese krisis oplos nie. ‘n Lid […]

Read More

Arsenal se hoop lê aan skerwe

Arsenal se hoop op ‘n Premierligatitel het gister aan skerwe gespat nadat hulle met drie-nul teen Brighton verloor het. Ná die nederlaag is die Gunners is nou vier punte agter die voorlopers, Manchester City, met net twee wedstryde wat oorbly. Pep Guardiola se span weet ‘n oorwinning Sondag teen Chelsea op die Etihad-stadion beteken ‘n vyfde Premierligatitel in ses seisoene. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle vertoning in […]

Read More

Elektriese minister was ‘n blink plan – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die aanstelling van die minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa was ‘n blink gedagte, want Suid-Afrikaners het dienslewering nodig. Hy sê die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing sal om dienslewering draai. Ramaphosa voeg by die regering moet vaardige mense hê wat die werk kan doen, want Suid-Afrikaners staan voor uitdagings oor elektrisiteit, […]

Read More

Brent daal maar rand is te swak vir enige voordeel

Die prys van Brent ru-olie het vanoggend met handel wat in Asiatiese markte reeds geopen het, verder teruggesak na net bo 73 Amerikaanse dollar per vat. Kenners en ontleders sê die daling is aangedryf deur ekonomiese groei in die VSA wat onder druk is, sowel as uitdagings in China en verdere besnoeiings deur Opul en sy vennote. Brent […]

Read More

Brics kan help om kragkrisis op te los

Die EFF se nasionale voorsitter, Veronica Mente, sê die party glo die Brics-beraad wat Suid-Afrika in Augustus aanbied, kan oplossings vir die energiekrisis bied. Mente het tydens die  driedaagse vergadering van die party se sentrale bevelspan in Kempton Park, Gauteng, gepraat. Sy sê die regering moenie deur die Verenigde State voorgesê word nie en moet voortgaan om die […]

Read More

Skuldperk oorheers VSA-nuus

President Joe Biden sal na verwagting môre met kongresleiers vergader oor die skuldperk na aanleiding van wat as produktiewe personeelvlak-onderhandelinge oor die naweek beskryf is. Die kwessie is gespanne omdat die Huis deur Republikeine gelei word en hulle eis perke op besteding. Biden en die top vier kongresleiers – Huisspeaker Kevin McCarthy, Huis-minderheidsleier Hakeem Jeffries, Senaat-meerderheidsleier Chuck Schumer en Senaat-minderheidsleier Mitch McConnell – het verlede week samesprekings gevoer. McCarthy het daarna met die media gepraat… 

Read More

Konstabel Swartbooi steeds vermis, publiek moet help

 ‘n Soektog is oor ‘n groot gebied van Ariamsvlei van stapel gestuur nadat konstabel Dominikus Swartbooi van die grensdorp se polisiestasie al meer as ’n maand vermis word. Hy is van die Lüderitz-polisiestasie na Ariamsvlei oorgeplaas waarna hy op 4 April vermis geraak het. Span Soek Swartbooi is ‘n sending wat deur gemeenskapslede van Lüderitz saam met sy familielede georganiseer word, […]

Read More

NamRA vertrou nie so baie nul-opgawes nie

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gaan ‘n ondersoekspan op 1 Julie stig om belasting-ontduikers vas te vat. NamRA sê sekere besighede het ‘n nul-belasting-opgawe verklaar terwyl hulle egter steeds ‘n wins toon en multi-miljoen-dollar tenders van die regering kry. Volgens NamRA is vanaf 2017 tot op hede meer as 172 000 belastingopgawes deur amper 57 000 […]

Read More