Westair reik verklaring uit na vlugramp in Pionierspark

Westair Aviation het ‘n verklaring uitgereik in verband met Vrydagmiddag se noodlottige Cessna 406-ongeluk waarin twee loodse en ‘n vliegtuigingenieur dood is. Volgens die maatskappy was dit ‘n toetsvlug en nie kommersieel nie. Hy het sy medelye met die naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek en sê hy sal die ondersoek na die oorsaak bystaan. Amerikaanse owerhede word volgens die Burgerlugvaartowerheid in die land verwag omdat die Cessna met roepsein V5-ASB Amerikaans vervaardig is. Kaptein Magnus Abraham, hoof van die vliegtuigongeluk ondersoekdirektoraat het reeds aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig sy span was kort na die ongeluk op die toneel en die ondersoek het reeds begin. ‘n Voorlopige verslag word in 30 dae verwag.