Alcaraz onttrek aan Italiaanse Ope

Die wêreld se nommer-drie Carlos Alcaraz sal nie aan die Italiaanse Ope deelneem nie weens ‘n voortslepende voorarm-besering wat veroorsaak het dat hy ook die Monte Carlo Ope en die Barcelona Ope misgeloop het. Die Spanjaard sê hy het weer ongemak in die arm gevoel tydens vandeesweek se Madrid Ope in sy tuisland, waar hy in die kwarteindronde teen die Rus Andrey Rublev verloor het. Die Italiaanse Ope in Rome is die laaste opwarming vir die kleibaan Grand Slam-toernooi, die Franse Ope, wat op 26 Mei in Parys begin.