NamRA vertrou nie so baie nul-opgawes nie

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gaan ‘n ondersoekspan op 1 Julie stig om belasting-ontduikers vas te vat. NamRA sê sekere besighede het ‘n nul-belasting-opgawe verklaar terwyl hulle egter steeds ‘n wins toon en multi-miljoen-dollar tenders van die regering kry. Volgens NamRA is vanaf 2017 tot op hede meer as 172 000 belastingopgawes deur amper 57 000 belastingbetalers of besighede vir inkomstebelasting ingedien waarvan meer as 16 000 belastingbetalers 138 245 nul-belasting-opgawes vir BTW ingedien het. Kosmos 94.1 Nuus het met Tonateni Shidhudhu, kommunikasiebestuurder van die agentskap gepraat…