Konstabel Swartbooi steeds vermis, publiek moet help

 ‘n Soektog is oor ‘n groot gebied van Ariamsvlei van stapel gestuur nadat konstabel Dominikus Swartbooi van die grensdorp se polisiestasie al meer as ’n maand vermis word. Hy is van die Lüderitz-polisiestasie na Ariamsvlei oorgeplaas waarna hy op 4 April vermis geraak het. Span Soek Swartbooi is ‘n sending wat deur gemeenskapslede van Lüderitz saam met sy familielede georganiseer word, maar hy is steeds spoorloos. Nampol se skakelbeampte, inspekteur Elifas Kuwinga versoek die publiek om na vore te kom met enige inligting wat sal lei tot die opsporing van Swartbooi.