Brics kan help om kragkrisis op te los

Die EFF se nasionale voorsitter, Veronica Mente, sê die party glo die Brics-beraad wat Suid-Afrika in Augustus aanbied, kan oplossings vir die energiekrisis bied. Mente het tydens die  driedaagse vergadering van die party se sentrale bevelspan in Kempton Park, Gauteng, gepraat. Sy sê die regering moenie deur die Verenigde State voorgesê word nie en moet voortgaan om die beraad te hou met die Russiese President Vladimir Putin wat dit bywoon: