Nuwe vakbond deur AR gestig
Die Regstellende Herposisionering Beweging stig ‘n vakbond wat op 20 April van stapel gestuur sal word. Die nuus is bekend gemaak by ‘n perskonferensie in die hoofstad. Die beweging se Woordvoerder Simon Amunime het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor en ander beplanning gepraat.
AU sal nie meer AstraZeneca aanskaf nie
Die Afrika Unie het aangekondig dat hy nie meer die AstraZeneca entstof teen Covid sal aanskaf nie. Die unie onderhandel op die oomblik met Johnson en Johnson om entstof vir die vasteland te bekom. Die besluit kan verdere vertragings veroorsaak en kan die unie duur te staan kom. Die AstraZeneca entstof is die goedkoopste en […]
Saara bekommerd oor negatiewe houding teenoor Swapo
Negatiewe persepsies en publikasies oor die regering en die Swapo party is volgens die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila verkeerd en weerspieël nie die huidige stand van sake in die land nie. Kommentaar oor Fishrot is veral algemeen. Sy sê die regering het standpunt ingeneem in verband met die twee ministers wat by die […]
Kolorektale kanker al hoe meer algemeen
Die Kankervereniging van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Kolorektale Kankervereniging het sy veldtog oor kolorektale bewusmaking en ondersteuning begin met die klem op gereelde siftings. ‘n Woordvoerder van Kansa, Lucy Balona, sê dat kolorektale kanker mans én vroue in Suid-Afrika aansienlik beïnvloed. Dit is die tweede algemeenste kanker onder mans en derde onder vroue. Balona sê […]
N$18m se sigarette verwoes
Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het onwettige sigarette ter waarde van 18 miljoen Namibiese doller in Kaapstad verwoes. Daar is tydens verskeie operasies op die sigarette beslag gelê as deel van die regering se zero-verdraagsaamheid ten opsigte van onwettige handel. Die afval sal met ‘n vervoerband na spesiale vragmotors oorgeplaas en onder toesig na ‘n […]
Kospryse weer op in Maart
Daar blyk om geen verligting vir huishoudings te wees nie. Voedselpryse het in Maart wêreldwyd gestyg. Dit is die tiende agtereenvolgende maandelikse styging. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die pryse van groente-olie en suiwelprodukte het die meeste gestyg. Die vleisprys-aanwyser het sedert Februarie met 2,3 persent toegeneem terwyl invoere uit China en […]
Mkhize sê hulle is op koers met inentingsplan
Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid Zweli Mkhize sê hoewel daar vertragings was in die begin-stadiums van die land se inentingsveldtog, behoort hulle op koers te bly om reeds ‘n groot meerderheid van mense teen die einde van die jaar teen Covid in te ent. Hy het vroeër vandag gesê dat fase een, wat op die […]
Slenter kos koper miljoene
Die Valke in Suid-Afrika het nog ‘n verdagte aangekeer in die saak wat met ‘n e-pos-skelmstreek oor eiendom verband hou. Die man en twee ander wat reeds gearresteer is, het na bewering ‘n koper van eiendomme uit miljoene Namibiese doller bedrieg. Die drie het glo ‘n duplikaat e-posadres geskep om die slagoffer na ‘n ander […]
Newcastle-siekte in Kenia
Honderde duisende hoenders moes van kant gemaak word nadat Newcastle-siekte in Kenia se Kiambu-distrik uitgebreek het en boere se lewensbestaan is in gedrang. Wetenskaplikes het aan die die land se nuusagentskappe gesê boere moet veeartse kry om die regte diagnose te maak en doeltreffende behandeling voor te skryf. Die mees algemene simptome is diarree, neus-uitskeidings, […]
Reënsyfers vir Maart bekend, stel teleur
Die Namibiese weerdiens het Maart se reënval syfers bekend gemaak. Die maand het baie wispelturig vertoon in terme van neerslae. Die eerste 10 dae was kommerwekkend droog. Tussen 10 en 20 Maart het reën wel voorgekom maar die Kunene-streek het steeds onder gemiddelde reën ontvang. Die Zambezi-streek het ook lae syfers aangeteken. Reënval het meestens […]