Slenter kos koper miljoene

Die Valke in Suid-Afrika het nog ‘n verdagte aangekeer in die saak wat met ‘n e-pos-skelmstreek oor eiendom verband hou. Die man en twee ander wat reeds gearresteer is, het na bewering ‘n koper van eiendomme uit miljoene Namibiese doller bedrieg. Die drie het glo ‘n duplikaat e-posadres geskep om die slagoffer na ‘n ander bankrekening te herlei. Die verdagte is in Limpopo vasgetrek en het in Gauteng in die hof verskyn. ‘n Woordvoerder, Ndivhuwo Mudau, sê die saak is tot volgende week uitgestel: