Newcastle-siekte in Kenia

Honderde duisende hoenders moes van kant gemaak word nadat Newcastle-siekte in Kenia se Kiambu-distrik uitgebreek het en boere se lewensbestaan is in gedrang. Wetenskaplikes het aan die die land se nuusagentskappe gesê boere moet veeartse kry om die regte diagnose te maak en doeltreffende behandeling voor te skryf. Die mees algemene simptome is diarree, neus-uitskeidings, hoes en nies. ‘n Dosent by die Katarina Universiteit, Alice Wangui, sê Newcastle-siekte is hoogs aansteeklik en besmette hoenders moet onmiddellik geïsoleer word.