Reënsyfers vir Maart bekend, stel teleur

Die Namibiese weerdiens het Maart se reënval syfers bekend gemaak. Die maand het baie wispelturig vertoon in terme van neerslae. Die eerste 10 dae was kommerwekkend droog. Tussen 10 en 20 Maart het reën wel voorgekom maar die Kunene-streek het steeds onder gemiddelde reën ontvang. Die Zambezi-streek het ook lae syfers aangeteken. Reënval het meestens voorgekom in die noordweste en die Omaheke-streek. Verskeie gebiede het goeie reën gekry en het ander swakker vertoon. Die noordelike dele van die land, wat die Ohangwena- and Omusati-streke insluit het ook onder gemiddelde syfers aangeteken. Die weerdiens het melding gemaak van die droogte in die Kunene-streek en sê dit sal nog ‘n geruime tyd duur.