Kospryse weer op in Maart

Daar blyk om geen verligting vir huishoudings te wees nie. Voedselpryse het in Maart wêreldwyd gestyg. Dit is die tiende agtereenvolgende maandelikse styging. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die pryse van groente-olie en suiwelprodukte het die meeste gestyg. Die vleisprys-aanwyser het sedert Februarie met 2,3 persent toegeneem terwyl invoere uit China en ‘n skerp styging in binnelandse verkope in Europa die prys van pluimvee en vark laat klim het. Die prysaanwyser vir graankosse het met 1,8 persent gedaal, maar dis steeds 26,5 persent hoër as in Maart 2020.