AU sal nie meer AstraZeneca aanskaf nie

Die Afrika Unie het aangekondig dat hy nie meer die AstraZeneca entstof teen Covid sal aanskaf nie. Die unie onderhandel op die oomblik met Johnson en Johnson om entstof vir die vasteland te bekom. Die besluit kan verdere vertragings veroorsaak en kan die unie duur te staan kom. Die AstraZeneca entstof is die goedkoopste en is in die grootste volumes reeds vervaardig. Vervoer is ook vergemaklik omdat verkoeling nie so ekstreem soos met ander entstowwe toegepas te word nie. Daar was vroeër voorspellings dat dit die staatmaker spuit vir ontwikkelende lande sou wees maar uitdagings met bloedklonte het die rooskleurige prentjie verander.