N$18m se sigarette verwoes

Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het onwettige sigarette ter waarde van 18 miljoen Namibiese doller in Kaapstad verwoes. Daar is tydens verskeie operasies op die sigarette beslag gelê as deel van die regering se zero-verdraagsaamheid ten opsigte van onwettige handel. Die afval sal met ‘n vervoerband na spesiale vragmotors oorgeplaas en onder toesig na ‘n beveiligde stortingsterrein geneem word. Die Inkomstediens sê die vernietiging moet ‘n sterk boodskap oordra en die publiek bewus maak van die skade wat sulke goedere veroorsaak aan die ekonomie en mense se gesondheid.