Saara bekommerd oor negatiewe houding teenoor Swapo

Negatiewe persepsies en publikasies oor die regering en die Swapo party is volgens die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila verkeerd en weerspieël nie die huidige stand van sake in die land nie. Kommentaar oor Fishrot is veral algemeen. Sy sê die regering het standpunt ingeneem in verband met die twee ministers wat by die skandaal betrek is maar ten spyte hiervan word daar steeds geïnsinueer dat die regering niks doen nie. In haar mening is daar genoegsame bewyse dat die regering teen korrupsie optree en dat daar verskeie organisasies is om die uitdaging te beveg. Wetgewing in die verband is ook reeds opgetrek.