Mkhize sê hulle is op koers met inentingsplan

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid Zweli Mkhize sê hoewel daar vertragings was in die begin-stadiums van die land se inentingsveldtog, behoort hulle op koers te bly om reeds ‘n groot meerderheid van mense teen die einde van die jaar teen Covid in te ent. Hy het vroeër vandag gesê dat fase een, wat op die inenting van die land se mediese-werkers fokus, teen die middel van Mei 2021 voltooi behoort te wees. Fritz Platt het die storie opgetel vir Kosmos 94.1 Nuus in die Wes-Kaap.