Covid-uitdagings op Rehoboth
Plaaslike media berig dat ‘n verpleegsuster en 4 leerders wat oor die naweek in Rehoboth kwarantyn verbreek het met 4 000 doller beboet is vir die verontagsaming van Covid-19 maatreëls. Owerhede sê dat lede van die polisie wat hulle aangekeer het ook in kwarantyn is. Berigte lui dat die leerders partytjie gehou het en bure in […]
Bek- en klouseer -beperkings opgehef
Die beperking op die beweging van diere met gesplete hoewe as gevolg van bek- en klouseer is in die noorde opgehef. Die laaste geval van die siekte is op 20 Januarie opgemerk. Die Namibiese Ministerie van Landbou het bevestig dat inenting van diere steeds voortgaan. Volgens Dr Albertina Shilongo, die ministerie se Hoof Veearts, moet […]
Biden reageer op Chauvin se skuldigbevinding
‘n Jurie van 12 lede in Minnesota in die VSA het die voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, skuldig bevind aan die moord op George Floyd. Hy is skuldig bevind op drie aanklagte – tweedegraadse moord, derdegraadse moord en manslag. Floyd is ‘n swart Amerikaner wat in Mei verlede jaar dood is nadat Chauvin langer […]
Sprinkane: weermag sal ingeroep word
Die Namibiese Ministerie van Landbou sê daar word tans oorweeg om lede van die weermag in die Zambezi-streek in te roep om die sprinkaanplaag wat op die oomblik in die 4 sogenaamde O-streke woed, te help beheer. Simon Nghipandulwa van die ministerie is tans in die noorde….
Keetmans se landdroshof gesluit oor Covid
Die Landdroshof in Keetmanshoop is gesluit tot Donderdag. Dit volg nadat ‘n klerk en ‘n aanklaer positief getoets het vir Covid-19. Die gebou sal ontsmet word en die ander personeel by die hof getoets word. Sake sal Vrydag eers hervat. Lede van die publiek, sowel as verdagtes wat sou verskyn, word aangeraai om na die […]
Meer as 20 miljoen liter brandstof by Transnet gesteel
Transnet in Suid-Afrika het bevestig dat hy sedert 2019 meer as 250 miljoen Namibiese doller aan gesteelde brandstof verloor het. Volgens die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is die maatskappy in die 2019-2020-boekjaar deur 143 diefstalvoorvalle getref wat tot die verlies van tot 20,4 miljoen liter brandstof gelei het. Gordhan het bevestig dat veiligheidsmaatreëls […]
Kaapse brande: regering sê dankie
Die Wes-Kaapse regering het staatsdepartemente, die burgerlike samelewing en die privaat sektor bedank vir hulle reaksie op die brand in Kaapstad. Talle geskiedkundige strukture is vernietig of beskadig terwyl tientalle mense hulle wonings moes ontruim. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die pogings was beslis ‘n positiewe faktor in die tragedie:
N$270 000 vir S-Afrikaner wat sterf in Hawaii ingesamel
Daar is reeds meer as 270 000 Namibiese doller ingesamel met ‘n skare-befondsingsveldtog om die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se liggaam uit Amerika huis toe te bring. Die 29-jarige is verlede week deur die polisie in Hawaii geskiet nadat hy glo betrokke was by ‘n inbraak by ‘n huis in Honolulu. Myeni, wat in […]
Boelie-leering bly in aanhouding
Die vermeende boelie in die saak van ‘n Limpopo-skoolmeisie wat haarself om die lewe gebring het nadat sy aangerand is, bly in aanhouding ná haar tweede hofverskyning. Die 14-jarige meisie het vandag weer in die Kinderhof in Thohoyandou verskyn. ‘n Aansoek om haar in haar ma se sorg vry te laat, is geweier. Sy sal […]
Besluite word in SA gemaak oor skoolbywoning
Die Suid Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys sê dit het met rol-spelers begin vergader, om te besluit of en wanneer leerlinge permanent, op ‘n voltydse basis sal moet terugkeer skool toe. Die land is tans op vlak een van die nasionale inperking, met leerlinge wat sedert laat verlede jaar, op rotasie-basies kontak-klasse bywoon. Fritz Platt, […]