N$270 000 vir S-Afrikaner wat sterf in Hawaii ingesamel

Daar is reeds meer as 270 000 Namibiese doller ingesamel met ‘n skare-befondsingsveldtog om die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se liggaam uit Amerika huis toe te bring. Die 29-jarige is verlede week deur die polisie in Hawaii geskiet nadat hy glo betrokke was by ‘n inbraak by ‘n huis in Honolulu. Myeni, wat in KwaZulu-Natal gebore is, het die polisie glo aangeval en hulle is gedwing om dodelike geweld te gebruik. Drie beamptes is beseer. Myeni word oorleef deur sy Amerikaanse vrou, Lindsay, en twee jong kinders.