Biden reageer op Chauvin se skuldigbevinding

‘n Jurie van 12 lede in Minnesota in die VSA het die voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, skuldig bevind aan die moord op George Floyd. Hy is skuldig bevind op drie aanklagte – tweedegraadse moord, derdegraadse moord en manslag. Floyd is ‘n swart Amerikaner wat in Mei verlede jaar dood is nadat Chauvin langer as nege minute op sy nek gekniel het. President Joe Biden sê dit is ‘n reuse-stap vorentoe in die stryd vir geregtigheid in Amerika: