Meer as 20 miljoen liter brandstof by Transnet gesteel

Transnet in Suid-Afrika het bevestig dat hy sedert 2019 meer as 250 miljoen Namibiese doller aan gesteelde brandstof verloor het. Volgens die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is die maatskappy in die 2019-2020-boekjaar deur 143 diefstalvoorvalle getref wat tot die verlies van tot 20,4 miljoen liter brandstof gelei het. Gordhan het bevestig dat veiligheidsmaatreëls sedertdien ingestel is om sulke reuseverliese in die toekoms te voorkom.