Bek- en klouseer -beperkings opgehef

Die beperking op die beweging van diere met gesplete hoewe as gevolg van bek- en klouseer is in die noorde opgehef. Die laaste geval van die siekte is op 20 Januarie opgemerk. Die Namibiese Ministerie van Landbou het bevestig dat inenting van diere steeds voortgaan. Volgens Dr Albertina Shilongo, die ministerie se Hoof Veearts, moet 90 dae verbygaan sonder ‘n geval voor beperkings gelig kan word en die gebied vry van bek- en klouseer verklaar word. Die eerste geval van die uitbreking is op 28 September aangeteken. Daar was uitdagings met boere wat nie gehoor gegee het nie en dus het die beperkings op beweging langer geduur. Die eerste geval is in Kavango Oos aangemeld wat uiteindelik versprei het na Kavango Wes en toe Ohangwena, Oshikoto en Oshana.