Keetmans se landdroshof gesluit oor Covid

Die Landdroshof in Keetmanshoop is gesluit tot Donderdag. Dit volg nadat ‘n klerk en ‘n aanklaer positief getoets het vir Covid-19. Die gebou sal ontsmet word en die ander personeel by die hof getoets word. Sake sal Vrydag eers hervat. Lede van die publiek, sowel as verdagtes wat sou verskyn, word aangeraai om na die aangepaste hofrol, wat buite die gebou opgesit is, te kyk om seker te maak oor hulle nuwe datum vir verskyning.