Boelie-leering bly in aanhouding

Die vermeende boelie in die saak van ‘n Limpopo-skoolmeisie wat haarself om die lewe gebring het nadat sy aangerand is, bly in aanhouding ná haar tweede hofverskyning. Die 14-jarige meisie het vandag weer in die Kinderhof in Thohoyandou verskyn. ‘n Aansoek om haar in haar ma se sorg vry te laat, is geweier. Sy sal by ‘n staatsjeugsentrum bly tot haar volgende verskyning Donderdag vir ‘n borgtogaansoek. Die 16-jarige Lufuno Mavhunga het na bewering haar eie lewe geneem nadat ‘n video van die aanval wyd op sosiale media gedeel is.