Covid-uitdagings op Rehoboth

Plaaslike media berig dat ‘n verpleegsuster en 4 leerders wat oor die naweek in Rehoboth kwarantyn verbreek het met 4 000 doller beboet is vir die verontagsaming van Covid-19 maatreëls. Owerhede sê dat lede van die polisie wat hulle aangekeer het ook in kwarantyn is. Berigte lui dat die leerders partytjie gehou het en bure in die gebied het daaroor gekla. Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het gister bevestig dat al Hardap se gevalle, 29, in Rehoboth bevestig is. Luidens berigte het meer as 150 leerders op die dorp die afgelope paar dae positief getoets terwyl 3 onderwysers van die skole oorlede is. Samuel Veldskoen Laerskool moes tydelik gesluit word nadat al die onderwysers behalwe 2, positief getoets het vir Covid.