LPM gaan hof toe
Die leier van die Grondlose Mense Beweging, Bernadus Swartbooi het die groep protesgangers buite die parlement toegespreek. Hy en Henny Seibeb is nie toegang tot die kamer gegee nie en hy het met sy ondersteuners oor die jongste in die verband gepraat. Intussen het die Namibiese polisie op die toneel die groep daaraan herinner dat […]
Ek sal oproerig raak – Mootu
Terwyl daar chaos was buite die parlement met die ‘n protesoptog deur die Grondlose Mense Beweging het Utaara Mootu, ‘n LP van die party, gesorg vir chaos in die kamer. Sy het geëis om te weet hoekom sy vir twee ure moes wag voordat sy toegang gekry het tot die Huis en die Adjunk Speaker […]
Chauvin moet 8 weke wag
Die voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, sal agter tralies bly totdat hy oor ongeveer agt weke gevonnis sal word vir die moord op George Floyd. Chauvin is skuldig bevind op aanklagte van tweedegraadse moord, derdegraadse moord en manslag. Regter Peter Cahill het Chauvin se borgtog ná die uitspraak herroep en hy kan tronkstraf van […]
Katima se stortingsterrein wek kommer
Inwoners van Katima Mulilo kla oor daaglikse brande by die stortingsterrein op die dorp. Die lugkwaliteit is baie swak en inwoners sê bejaardes sukkel veral. Chrispin Muyoba, Skakelbeampte van die dorpsraad sê dit is inwoners wat die terrein aan die brand steek en dat die brandweer op die dorp gereeld brande daar blus. Muyoba sê […]
NBC staak môre
Bronne het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die NBC personeel wel môre staak, luidens berigte, vir verhogings wat 24 maande terugwerkend moet wees. Die werknemers en die betrokke vakbond, die Namibiese Vakbond vir Staatsamptenare, Napwu, onderhandel sedert Januarie met die bestuur van die nasionale uitsaaier. Hulle eis ook salarisverhogings wat vroeër, saam met die […]
Chaos by Tintinpalast
Dit is op die oomblik chaos by die Nasionale Vergadering. ‘n Groot groep ondersteuners en lede van die Grondlose Mense Beweging is buite die Tintinpalast se hekke gekeer met die hekke wat met boeie gesluit is. Die groep betoog vir Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Intussen is daar nog geen aktiwiteit by die Nasionale Vergadering […]
Dausab en Shivute is in Kunene – bestudeer howe
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab en die Hoofregter Peter Shivute is tans in die Kunene-streek op ‘n werksbesoek. Hulle is vandag in Opuwo. Dausab het verlede week gesê dat ‘n besoek onderneem sal word om te kyk na redes vir die herhaalde uitstel van sake en ander vertragings in howe regoor die land. […]
Chauvin moet 8 weke wag vir vonnis
Die voormalige polisiebeampte van Minneapolis, Derek Chauvin, sal agter tralies bly totdat hy oor ongeveer agt weke gevonnis sal word vir die moord op George Floyd. Chauvin is skuldig bevind op aanklagte van tweedegraadse moord, derdegraadse moord en manslag. Regter Peter Cahill het Chauvin se borgtog ná die uitspraak herroep en hy kan tronkstraf van […]
Kaapse diere het groot nood
Dierewelsyns-inspekteurs in Kaapstad soek na beseerde en diere wat ly, nadat die verwoestende brand op Tafelberg onder beheer gebring is. Die Woordvoerder van die Kaapse Goeie Hoop-DBV, Belinda Abraham, sê hul soektog na enige vorm van lewe is traumaties omdat hulle ook die verkoolde oorskot van verskeie diere vind. Sy het inwoners van Kaapstad naby […]
IPC verloor 12 lede
Twaalf lede van die Onafhanklike Patriotte vir Verandering, die IPC, het bedank. Die 12 is van die Ruacana kantoor van die party. Hulle sê die party-leier Dr Panduleni Itula is ‘n diktator wat besluite op sy eie maak en verder, die leierskap bestaan uit sekere vriende en die res is onbelangrik. Hulle beweer ook dat […]