Chaos by Tintinpalast

Dit is op die oomblik chaos by die Nasionale Vergadering. ‘n Groot groep ondersteuners en lede van die Grondlose Mense Beweging is buite die Tintinpalast se hekke gekeer met die hekke wat met boeie gesluit is. Die groep betoog vir Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb.

Intussen is daar nog geen aktiwiteit by die Nasionale Vergadering nie. Die sitting het nog nie begin nie. Beide Swartbooi en Seibeb het deur middel van hulle regsverteenwoordiger Patrick Kauta gesê hulle sal vanmiddag se sitting bywoon omdat die Speaker se onttrekking van die twee in die kamer, nie in die reg gegrond is nie.