NBC staak môre

Bronne het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die NBC personeel wel môre staak, luidens berigte, vir verhogings wat 24 maande terugwerkend moet wees. Die werknemers en die betrokke vakbond, die Namibiese Vakbond vir Staatsamptenare, Napwu, onderhandel sedert Januarie met die bestuur van die nasionale uitsaaier. Hulle eis ook salarisverhogings wat vroeër, saam met die eise vir verhogings wat terugwerkend moet wees, van die hand gewys is deur die bestuur. Die Direkteur-Generaal Stanley Similo het verlede week werknemers weer gewaarsku dat hulle geen betaling sal ontvang as hulle staak nie. Bronne in die korporasie het bevestig dat daar ‘n vergadering vanmiddag met die vakbond gehou word en dat hulle môre staak. Petrus Nevonga, die Sekretaris-Generaal van Napwu wou nie kommentaar lewer toe hy gekontak is nie.