Dausab en Shivute is in Kunene – bestudeer howe

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab en die Hoofregter Peter Shivute is tans in die Kunene-streek op ‘n werksbesoek. Hulle is vandag in Opuwo. Dausab het verlede week gesê dat ‘n besoek onderneem sal word om te kyk na redes vir die herhaalde uitstel van sake en ander vertragings in howe regoor die land. Dausab het dit so verduidelik…