LPM gaan hof toe

Die leier van die Grondlose Mense Beweging, Bernadus Swartbooi het die groep protesgangers buite die parlement toegespreek. Hy en Henny Seibeb is nie toegang tot die kamer gegee nie en hy het met sy ondersteuners oor die jongste in die verband gepraat.

Intussen het die Namibiese polisie op die toneel die groep daaraan herinner dat hulle onderneem het om Covid-maatreëls na te kom en ook, dat hulle teen half-5 vanmiddag uiteen moet gaan.